Wingerdboukundige

Apply Now ↗
📍 Franschhoek, ZACONTRACTOR

About this role

Wingerdboukundige

Babylonstoren is 'n toonaangewende landbou- en gasvryheidsonderneming wat verbind is tot uitnemendheid, innovasie en volhoubare produksie. Ons nooi aansoeke van bekwame en ervare kandidate vir die pos van Wingerdboukundige.

Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir die beplanning, implementering en optimalisering van alle wingerdbou-aktiwiteite. Hierdie rol vereis 'n sterk tegniese grondslag, praktiese ervaring en 'n passie vir volhoubare wingerdbou. Die Wingerdboukundige sal nou saamwerk met die produksie- en wynspan om te verseker dat die hoogste standaarde van gehalte en produksie gehandhaaf word.

Sleutelverantwoordelikhede

  • Beplan, koördineer en monitor alle wingerdbou-aktiwiteite deur die produksieseisoen.
  • Bestuur alle fasette van wingerdproduksie, insluitend grondvoorbereiding, aanplantings, besproeiing, voeding, blaardakbestuur, snoei, gewasbeskerming en oes.
  • Monitor wingerdgesondheid, groeiontwikkeling en opbrengspotensiaal deur gereelde veldinspeksies en tegniese evaluasies.
  • Ontwikkel en implementeer produksieprogramme wat gehalte, opbrengs en volhoubaarheid optimaliseer.
  • Ontleed produksiedata en doen aanbevelings om prestasie en doeltreffendheid voortdurend te verbeter.
  • Verseker voldoening aan voedselveiligheid-, gehalte-, gesondheids-, veiligheids- en omgewingsvereistes.
  • Werk nou saam met produksiespanne, tegniese adviseurs en die wynkelder om optimale druifkwaliteit te verseker.
  • Bly op hoogte van nuwe tegnologieë en beste praktyke binne wingerdbou en pas dit toe waar toepaslik.

Minimum vereistes

  • 'n Tersiêre kwalifikasie in Wynbou, Landbou, Hortologie of 'n verwante studierigting.
  • 5–10 jaar ervaring in kommersiële wingerdproduksie of wingerdbou.
  • Grondige kennis van wingerdverbouing, grondbestuur, besproeiing, plantvoeding, gewasbeskerming en oesbeplanning.
  • Ervaring met produksiebeplanning, data-analise en die toepassing van moderne wingerdboutegnieke.
  • Goeie rekenaarvaardigheid en ervaring met relevante landbou- en bestuursinligtingstelsels.
  • 'n Geldige rybewys.

Slegs kandidate wat aan die minimum pos en gelyke indiensneming vereistes voldoen, sal vir 'n onderhoud gekontak word.

Frequently Asked Questions

Is the salary disclosed for the Wingerdboukundige position at Babylonstoren?
The salary for this Wingerdboukundige role at Babylonstoren is not publicly listed. Click "Apply Now" to learn more about the compensation package on their official careers page.
Where is the Wingerdboukundige position at Babylonstoren located?
This Wingerdboukundige role at Babylonstoren is based in Franschhoek, ZA. The position is listed as on-site or hybrid. Check the full job description or apply directly to confirm the work arrangement.
Is the Wingerdboukundige role at Babylonstoren full-time or part-time?
This is listed as a CONTRACTOR position. It is posted as a Wingerdboukundige role in the Plaas department at Babylonstoren.
Which team or department does the Wingerdboukundige at Babylonstoren belong to?
This Wingerdboukundige position is part of the Plaas department at Babylonstoren. See the full job description for more information about the team structure and responsibilities.
How do I apply for the Wingerdboukundige position at Babylonstoren?
Click the "Apply Now" button on this page. You will be redirected to Babylonstoren's official application portal hosted on breezy where you can submit your application directly.
When was the Wingerdboukundige job at Babylonstoren posted?
This Wingerdboukundige position at Babylonstoren was posted on Jul 6, 2026. Apply as soon as possible — early applications are often reviewed first.
Wingerdboukundige
Babylonstoren
Apply for this role ↗

You'll be redirected to Babylonstoren's official application page on breezy.